Charlie Bond Fleuel: Lewensreg Eenhede

Privaat eenslaapkamer woonstelle te koop. NB: Lewensregeenhede word volgens ‘n waglys toegeken.

Enkelwoonstel (36 vk. m)

Grootte en Koste:

  • 36 vk. m (enkel) verkoop vir R671,025.00 vir lewensreg waarvan 80% van die verkoopsom terugbetaalbaar is by ontruiming.

Dubbelwoonstel (48 vk. m)

Grootte en Koste:

  • 48 vk. m (dubbel) verkoop vir R841,910.00 vir lewensreg waarvan 80% van die verkoopsom terugbetaalbaar is by ontruiming.

Maandelikse Heffing:

  • ‘n Maandelikse heffing van R1,660.00 (enkel) en R1,740.00 (dubbel)  onderskeidelik is betaalbaar.
  • Opsioneel is ‘n versorgingsheffing van minimum R3,505.00 per enkel persoon per maand en R5,715.00 per egpaar / twee persone per maand.
  • Dit sluit in ‘n hoofmaaltyd daagliks en die skoonmaak van die woonstel eenmaal per week.
  • Kennis moet geneem word dat toegang tot die woonstelle met ‘n hysbak of ‘ramp’ verkry kan word.

Addisionele Geriewe:

  • ‘n Washuis met industriële wasmajiene en tuimeldroërs wat met muntskukke werk, is beskikbaar vir die inwoners.

  • ‘n Gemeenskaplike sitkamer is ook beskikbaar vir die inwoners.