Wooneenhede / Huise

Lewensreg 3-slaapkamer wooneenhede is te koop – wat beteken dat u en u gade (as u ‘n maat het) daar woon totdat langslewende tot sterwe kom of weens siekte permanent tot die siekeboeg toegelaat word.

Daarna word die huis weer deur die Beheerraad verkoop en 80% van die verkoopsom (as u langer as 36 maande daar gewoon het) word aan u of u boedel uitbetaal. Indien u vir ‘n korter periode daar gewoon het, word dit prorata bereken.

Grootte en koste: 

  • WIT HUISE: 126 vk. m verkoop vir R1,570.030.00
  • BRUIN HUISE: 121 vk. m verkoop vir R1,126,140.00 tot R1,334,845.00

Fasiliteite:

  • Elke huis beskik oor ‘n toesluit-garage, terwyl die wit huise ook elk oor sy eie braai en toegeboude wasgoedwerf beskik.
  • Van die bruin huise se wasgoedwerwe is nie toegebou nie, maar mag op eie koste wel geskied.
  • Die wit huise bekik ook oor ‘n stort en toilet ensuite asook ‘n volledige badkamer.
  • Die bruin huise beskik oor ‘n volledige badkamer met ‘n stort en bad.

Maandelikse Heffing:

Die maandelikse heffings is tans R1,970.00 (bruin huise) en R2,050.00 (wit huise)  onderskeidelik en sluit die volgende in:

  • Versekering en instandhouding van die geboue se buitekant. Die lewensreghouer is verantwoordelik vir die instandhouding van die binnekant van die woning.
  • Alle Munisipale dienste soos riool- en rommelheffings asook die beskikbaarheid van water- en elektrisiteit.
  • Water en elektrisiteitsverbruik is vir die Lewensreghouer se rekening.

Ekstra Fooie:

  • ‘n Ete word elke Donderdag in die saal aangebied teen R65.00 pp kos. Indien u siek is, kan etes teen R65.00 pp van die kombuis bestel word. Aflewering by u huis kos R10.00 ekstra.
  • ‘n R15.00 maandelikse verpleegstersfooi word gehef vir die voorreg om die verpleegsterspersoneel in noodsituasies gratis te ontbied. Ander verpleegstersdienste word op u eie versoek teen ‘n uiters mininale tarief gelewer (tans R30.00 per besoek en R40.00 vir ‘n bad/stort).
  • ‘n Jaarlikse fooi van R30.00 word betaal vir ledegeld vir die gebruik van die haarsalon kliniekesorg op die terrein waar u dienste teen ‘n billike tarief kry (verpligtend).
  • Elke inwoner koop sy eie afstandbeheerkontrole teen R300.00 vir die elektroniese hek. Elke nuwe intrekker moet ook eenmalig ‘n bydrae van R220 ten bate van die sekuriteit maak.

Let wel: Voornemende kopers moet reeds die ouderdom van 60 jaar bereik het en is veronderstel om selfversorgend te wees.

Wit Huise

Bruin Huise