Welkom by Jeffreysrus aftree-oord

Jeffreysrus aftree-oord is geleë in die kusdorp van Jeffreysbaai in die Ooskaap. Jeffreysbaai is alombekend vir sy pragtige blou-vlag strande en ontspanne leefstyl.
In 2018, is Jeffreysbaai ook as Kwêla se Dorp van die Jaar toegewys. Jeffreysbaai is geleë in die prentjiemooi Kouga gebied en bied vir jonk en oud ‘n gemaklike leefstyl.
Jeffreysrus aftree-oord bied vir bejaardes ‘n wonderlike, veilige en gemaklike tuiste om hul goue jare te geniet. Die oord is geleë naby alle winkels, strande asook klinieke en hospitale. Die naaste hospitaal is 15km geleë van die oord en die naaste nasionale hospitaal is in Port Elizabeth – slegs 75km van die oord.

Jeffreysrus bied die volgende fasiliteite aan bejaardes bo die ouderdom van 60 jaar:

  1. ‘n Siekeboeg met ‘step down’ fasiliteit wat beskik oor ‘n praktyknommer wat erken word deur mediesefondse. Die siekeboeg brei voordurend uit en versorg reeds 57 pasiënte.
  2. 14 Privaat woonstelle wat met die Siekeboeg verbind is, waarvan die verblyfreg verkoop is.
  3. 18 Woonstelle wat verhuur word aan kwalifiserende persone met slegs SASSA inkomste (barmhartigheidsafdeling).
  4. 52 Huise waarvan die verblyfreg ook verkoop is.
  5. Charlie Bond vleuel – 17 Semi-selfversorgende woonstelle wat met die Siekeboeg verbind is (enkel en dubbel eenhede).

Alle akkomodasie uitsluitende die Siekeboeg en Huurwoonstelle is lewensreg wat verkoop word.