Wooneenhede / Huise
Lewensreg 3-slaapkamer wooneenhede is te koop – wat beteken dat u en u gade (as u ‘n maat het) daar woon totdat langslewende tot sterwe kom of weens siekte permanent tot die siekeboeg toegelaat word.
Daarna word die huis weer deur die Beheerraad verkoop en 75.5% van die verkoopsom (as u langer as 36 maande daar gewoon het) word aan u of u boedel uitbetaal. Indien u vir ‘n korter periode daar gewoon het, word dit prorata bereken.
Grootte en koste:
- WIT HUISE: 126 vk. m verkoop vir R1,665.020.00
- BRUIN HUISE: 121 vk. m verkoop vir R1,194.270.00 tot R1,415.605.00.
Fasiliteite:
- Elke huis beskik oor ‘n toesluit-garage, terwyl die wit huise ook elk oor sy eie braai en toegeboude wasgoedwerf beskik.
- Van die bruin huise se wasgoedwerwe is nie toegebou nie, maar mag op eie koste wel geskied.
- Die wit huise bekik ook oor ‘n stort en toilet ensuite asook ‘n volledige badkamer.
- Die bruin huise beskik oor ‘n volledige badkamer met ‘n stort en bad.
Maandelikse Heffing:
Die maandelikse heffings is tans R1,970.00 (bruin huise) en R2,050.00 (wit huise) onderskeidelik en sluit die volgende in:
- Versekering en instandhouding van die geboue se buitekant. Die lewensreghouer is verantwoordelik vir die instandhouding van die binnekant van die woning.
- Alle Munisipale dienste soos riool- en rommelheffings asook die beskikbaarheid van water- en elektrisiteit.
- Water en elektrisiteitsverbruik is vir die Lewensreghouer se rekening.
Ekstra Fooie:
- ‘n Ete word elke Donderdag in die saal aangebied teen R65.00 pp kos. Indien u siek is, kan etes teen R65.00 pp van die kombuis bestel word. Aflewering by u huis kos R10.00 ekstra.
- ‘n R15.00 maandelikse verpleegstersfooi word gehef vir die voorreg om die verpleegsterspersoneel in noodsituasies gratis te ontbied. Ander verpleegstersdienste word op u eie versoek teen ‘n uiters mininale tarief gelewer (tans R30.00 per besoek en R40.00 vir ‘n bad/stort).
- ‘n Jaarlikse fooi van R30.00 word betaal vir ledegeld vir die gebruik van die haarsalon kliniekesorg op die terrein waar u dienste teen ‘n billike tarief kry (verpligtend).
- Elke inwoner koop sy eie afstandbeheerkontrole teen R300.00 vir die elektroniese hek. Elke nuwe intrekker moet ook eenmalig ‘n bydrae van R220 ten bate van die sekuriteit maak.
Let wel: Voornemende kopers moet reeds die ouderdom van 60 jaar bereik het en is veronderstel om selfversorgend te wees.